Jongste aktiwiteit:

Was ek maar …

WAS EK MAAR …

Was ek maar ‘n skrywer gewees
sou ek in Afrikaans met woorde wou toor
my diepste wese met jou wou deel
woorde skryf wat elkeen sou kon lees
sinne lees wat almal sou wou hoor
paragrawe wat harte sou steel

Was ek maar ‘n digter van formaat
woorde, sinne, verse wat in Afrikaans inmekaar vleg
dan sou ek vir jou liefdesgedigte skryf een elke dag
van sagte onthou voetspore wat ek in jou lewe sou wou nalaat
my diepste gevoel van lag huil vreugde hartseer aan jou hart wou heg
drome wat ek droom … kastele wat ek bou in my drome elke nag

Was ek maar ‘n spreker
wat boodskappe en inspirasie in Afrikaans kon bring
en positief woorde op mense se gees uitstort wat hul kan saamdra
sou ek met my stem emosie van hartseer en kommer
wou verruil in die wat luister na vrede en vreugde met volkome heling
om selfs in jou woestyntyd van jou lewe nie net vir waarom hoekoms vra

Was ek maar ‘n sanger
sou ek in Afrikaans net lofliedere sing
van ons Saligmaker se liefde en omgee wat al is wat ek vra
my stem sou eggo oor berge en dale vir die boodskappe waarna ander sou luister
musiek sou skryf liedjies sou skryf wat ek na almal sou bring
en sou sing van jubel en juig van Hom wat my oor elke seerkry dra

maar nou is ek net ek
doodgewoon tuisteskepper en vrou, moeder en vriendin
soveel wonder wat vir my op my lewenspad wag
maar nou is ek net ek
wie nou vir jou die doodgewone woorde bymekaar gooi in meer as een sin
en bly is ek is ek vir wie Hy sorg … elke dag en elke nag …

en ek kan droom … kan berus … kan aanvaar … soos ons almal
dat Hy my na sy beeld geskape het en my lief het en optel wanneer ek struikel en val
ek hoef nie te wens wat ek nie kan wees
my talente is uniek en spesiaal en as jy nou die gediggie lees
weet dat my boodskap is…maak die beste met wie jy is en waarin jy glo
en gebruik jou talente en gawes ten volle want dit is ‘n geskenk van Bo!

© Linda du Plessis 2017




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak