Jongste aktiwiteit:

Jagtog

JAGTOG…

Ons neem ons wapens op
vol gelaai
genoeg ammunisie
teleskope blink en skoon gevryf
stellings ingestel
met driepoot
gereed vir die jagtog

mussie op die kop
sodat die hare nie verwaai
klim ons in ons Jimny
ons sakkies om die lyf
ek en chauffeur self ‘n jagterspêl
en ons wapens om die nek of op my skoot
gereed vir die jagtog

Ek en my chauffeur aan my sy
wapens gereed, oë lense soek na die regte teiken
soek opgewonde
vir daardie een uit ‘n duisend
skoot om te skiet vir die dag
en dan sien ons dit tegelyk
die regte teken waarvoor ons kan vra

Ons stop opgewonde en bly
die regte teleskoop en wapen
klim uit, sluip nader, ons lê aan, zoom in en wag vir die regte sekonde
vinger op die sneller, fokus, teiken gevind
om vir die regte oomblik te wag
moet vinnige skote op die “prooi” skiet wat in ons visier pryk
sekuur ingefokus en met passie as ons die sneller druk … ons
KAMERAS!!!




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed