Jongste aktiwiteit:

Geslote deure

Geslote deur (4de skryfkompetisie )

Met ‘n verhefte stem
het jou geslingerde woorde
reg deur my
blou gekneusde hart geboor

en ek wonder…
“is mishandeling altyd dan
‘n gebalde vuis?”
want, jou woorde sny
skerp en diep
en los letsels
wat die blote oog
nie raak kan sien

wie gee aan die stilte ‘n stem?
terwyl modder oor en weer geslinger word
vrees word haar eie deel
vrede word by haar gesteel

ek sien trane wat dans
reflekteer ‘n koue vuur wat brand
hier moet ek weg – hier moet ek uit
en finaal word hierdie deur gesluit
©PcV




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed