
Tortelduif
tortelduif jou mooi duif
jy wat uitgesoek was
jou vlerkies oopgespruit
koer jy langsamerhand
elke dag bewonder ek jou
terwyl jy pik op die grond
mielies en broodkrummels
geniet tussen druppels dou
vroeg in die more met die son se lig
word jou eerste koer koer gehoor
verlustig ek my in die oggendlied
my wakker maak word in jou geniet
strek ek my uit op jou geroep
tussen duisende klanke
erken ek joune diep geraak
aan eens ‘n duif uitgestuur
om die antwoord te bring
waar tonne liters water
die aarde oortrek het
en ‘n paar mense kon oorleef
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.