
Weerkaatsing
soos ‘n ego weerklink dit terug
word die geluid weerkaats in ‘n grot
‘n leë hol saal geluidsgolwe deur rotswande
hier waar ek staan vry en die wêreld stil
oorkant die kloof van stilte wat ons skei
tussen berge en dale, klip en bome
kan geen geroep ‘n dowwe weerklank wek
soos ‘n weerligstraal skiet die klank na ver
herhaal die klank homself twee drie keer
bevind ek my alleen in berge se taal
weerspreek ek my keer op keer
in moedernatuur met moedertaal
weerkaatsing het geword ‘n uitroep na jou
stil beleef ek jou terugflits in ‘n spieël
vir ‘n oomblik tussen klowe en heuwels
sien ek jou gesig ophelder uit blare heen
jou sjarme maak my vir ‘n oomblik weerloos
soos sy was ons aanmekaar geweef ek en jy
Louisa van Vliet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Pragtige gedig die.