Jongste aktiwiteit:

Doudruppels

soos doudruppels beleef ek jou trane
gegiet in stortings uit jou diepste wese
drink ek elke kreet uit jou hart uit op
dit ruk my binneste deurmekaar
my woorde het opgeraak
verswelg in my keel vasgesit
saggies hou ek jou vas
so naby is jy maar stukkend verskeur
jou pyn het myne geword
niemand verdien die seerkry
maar jy beleef dit baie erg
staan ons saam teenoor mekaar
dit ruk jou uitmekaar in die diepste
weggebêre waar net jy alleen van weet
ek hou jou vas want dis waar jy veilig voel
vandag kom jy groet die onbekende in
diep weet ek dit sal die beste wees vir jou
waar ander jou nie meer kan kasty
voel ek hier binne my die beste besluit
is vir jou gemaak waar jy beter af gaan wees
jonk is jy maar deur diepe waters
wens ek jou toe al die vrede vir jou
gegun uit ‘n nuwe kans wat voor jou lê
ek het jou lief girl jy gaan siëvier
met net die mooiste seëninge
verniet moes jy nie daardeur
want vrede gaan nou jou hart bereik

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed