JOU DEUGDE
As ek jou deugde nou moet plaas
in orde van belangrikheid –
waar sou ek tog begin?
Jou liefde
laat my net nie los.
Dis sterker as die dood.
Aanvaarding –
altyd is ek
goed genoeg.
Jy luister
onbeperk –
‘n seldsaam’ deug!
Jou deernis
raak my hart aan;
ja, jy voel my leed.
Jy het begrip –
want jy het self gely.
Jy weet: Ons is net stof.
Met nugterheid
ruk jy my uit my
onrealisties’ drome uit.
Jy lei my voete
na die eew’ge
Rots.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Baie mooi gedig die.