romeo en delilla
wees jy my romeo
dan’s ek jou delilla
om jou vas te weef
in my dromeweb
waar liefde nooit vergaan
en jeug vir ewig staan
waar ons gypsy siele
saam op reis kan gaan
saam kan swerf deur kammaland
ons spore in die silwer sand
– jy my don quixote….of juan
en ek jou juliet
Estelle Rubow
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek