Toegekurk
Toegekurk
Op die stoep van my onthou
Liefde en omgee, kosbaar getrou
Maar binne, ‘n warboel vrae
Dit vul my bestaanlose dae
Genade van my Hemelse Vader
abbadra my oor ‘n stukkende pad
vele momente en gedagtes eskader
skiet met gebed in hoogste rat
elke keer as my diepste wese
geraakword deur lééf se vrese
dan tuur ek oor die genade-vallei
wonder of daar in die hemel plek is vir my
op die stoep van my onthou
ek en jy, twee, maar sáám
besig om aan eendag te bou
toegekurk in lagies van ‘n liefdeswaan
©Tharina Schnetler
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.