Ongekende Euwel
Vandag wil ek gaan lê, sonder geen rede.
Dit wat onwetend broei, kom steel al my vrede.
‘n Warboel woel in my gedagtegang,
bring ongevraagde vrees, ‘n onbekende bang.
Soos ‘n skaduwee sak dit neer op my gemoed
en kom vul my hele wese met klank se spoed.
Onverstaanbaar beur ek deur die dag,
wag in spanning op die vrede van die nag.
Onverklaarbaar ervaar ek soms hierdie gevoel,
van alles net te veel, ‘n lewe sonder doel.
Swaar loot lê dan bloots sy lêplek in my siel,
Los my in absolute chaos, alleen en verniel.
Staan op my gees, moenie nou opgee!
Loop elke voetstap net tree vir tree.
More sal die son deurbreek sonder dat jy vra,
En kom verskroei hy dan alles wat jou vandag so pla.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.