Jongste aktiwiteit:

Die waarheid maak seer

Waarom sou die populiere
nog steeds hul groen gewade dra;
dis tog Juniemaand
en winter in die Kaap?

Sou hul wis
hoe snerpend kil die dae gaan word,
hoe ysig stil die wit mis is
waarin hul sal moet staan,
hoe nat en koud die reën sal voel?

O hoe edel is die doel
van elke bittereinderblaar –
om die populier se takke
van die naakte waarheid
te bewaar…

© Carma Shaw
7 Junie 2018
11:55




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed