Kosbaar’ lewenskrag.
Die stroompie kronkel af,
soos ‘n voetpaadjie teen die berg.
Wiegend neurie sonder woorde,
sonder enkel klank sonder leed.
Langs die stroom staan ‘n ou,
doringboom.
Hy bied die lawe-koelte,
op ’n warm snikheet-dag,
Drup sy eie hartseer gom –
oor ’n stam lank reeds krom.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 - Poëtiese orde projek