Jongste aktiwiteit:

Ek daag jou uit….

Ek daag jou uit
wees die jy in jou drome
wanneer die nag
jou binnestes verower
en die dag se verwagtinge
jou glimlag ten toon stel

ek daag jou uit
wees die jy wat jy is
wanneer jy alleen is
sonder pretensies
sonder vraagtekens
die jy wat net rapporteer
aan jou Heer

ek daag jou uit
lê jou lewe neer
laat al die vorige hoofstukke agter
vergewe daardie woorde
wat net vasklou aan jou hart
kyk langs jou
en vat ñ hand
wat smag na toenadering

ek daag jou uit
om die maskers
wat ander so graag wil sien
af te haal
en regverdig te wees
in watter prys jy betaal
om net jouself te wees

ek daag jou uit
om afstand te bring
tussen jou en alles
wat jou energie steel
om die negatiewe
met die positiewe te vervang
selfs al is jy bang

ek daag jou uit
om jouself oor te gee
aan die Een wat Sy laaste
asem uitgeblaas het
en uit die dode
opgestaan het
sodat jy kan leef

ek daag jou uit
jy het net een kans.

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed