Jongste aktiwiteit:

Maan se sekel

Maan se sekel

dit was met die laaste stuiptrekkings
van ons son se goud-vuur-dans,
dat jy jou vervreem het van my
en my skaduwee saam met die lig,
in jou oë gesterf het

ek ongevraagd my verflarde hart
op hierdie onbekende pad moes begelei,
totdat die maan se sekel
jou vir altyd uit my siel kon sny
en ’n elikser van gestorte bloed
tot ridder van my smart beslaan –

ek jou nou (in retrospeksie) kan degradeer
tot ’n enkele onbesonne traan

©Alkallie
12/7/2017
Kopiereg voorbehou




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed