Jongste aktiwiteit:

ek wil – ek wou

ek wou nog altyd alaska toe gaan
selfs kanada sou nie sleg wees nie
die noorweegse fjords dalk ook nog
en wat van die griekse eilande dalk

maar een besoek aan die noorde
het my laat besef ek kry te koud
sou nooit daardie minusse verdra
minus veertig en dalk minus neus

aan die anderkant het ek olifante
leeus en luiperds van naby gesien
springbokke wat pronkend spring
meerkatte wat regop op wag staan

magtige sambesie rivier se damme
victoria waterval en vaar oor kariba
huisbote en vakansies op die mere
vundus, tiervis en olifante op eiland

spierwit swartryp op die hoëveld
stukkende haelbestookte mielies
skape in diep sneeubedekte hange
buffels in die wadi’s van limpopo

vergesigte uit arendsneste van soutpansberge
groen valeie, suikerplantasies en drakensberge
turkoois gekleurde golwe en see van balitobaai
rooi bonsmara beeste wat wei op die savanna

witkruis arende se nes van takke hoog in bome
kenmerkende skreeu van visarend oor olifants
pragtige melodie van naguiltjie se liefdeslied
brom geluid van blouvalkie se duik na sy prooi

blaf van bosbok ram waar hy staan op hoogte
geproes en runnik van sebras tussen mopani’s
trotse pronk en draf van koedoes oor bosveld
geskommel van wildebees se maag as hy draf

waar in die wye wêreld is daar nog so ‘n plek
met al sy verskeidenheid van dier en uitsigte
as hier in ons gelofte en geliefde suid afrika

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed