Aanhou
Ek staan op die stoep van realiteit, in hierdie somersnag. Die wind van herinnering waai liggies oor my vel, koel en skerp met ‘n lui draad van hoop. Ek kyk op na die sterre, waar het my Suiderkruis heen verdwyn? Is jy veilig of is jou voete moeg my nooi? Water vorm weer in hierdie rooie oë, hulle draf steeds die al bekende pad, tot waar die dors van grond sy emosies op wil sluk. So lank as wat die maan my liefde bly skyn, sal ek aan jou dink, selfs moet ek in hierdie hartseer sink. Ek wag vir die geluid van jou klop aan my deur, sodat ons kan saam wees vir die laaste keer… Ek sal nie opgee nee, ek sal aanhou baklei, vir die toekoms en liefde aan wie ons siele vir mekaar so sing
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.