Jongste aktiwiteit:

Gister, vandag en more

Gister, ‘n (half)voltooide skildery
multidimensionele sensasionele
emosies en gebeure
vasgevang in een dimensie.

More, ‘n geslote ongeskrewe boek
leë bladsye vol van niks
sonder enige lewenswysheid
wat wag om gevul te word.

Hier en nou is die pen en kwas
om vandag in te kleur
gestalte aan vandag te gee
om gister se skildery
en more se boek
tot eenheid te bind
in ‘n unieke lewensverhaal.

Elna Kruger 2018
Kopiereg




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed