PIET PRAAT
PIET PRAAT
Piet Praat was ‘n man wat sy bek
Oor alles en almal kon rek
Sy stories kry stertjies
Versprei sonder vlerkies
Hy’t radar wat wêreldwyd strek
Die leraar loer bo-oor sy bril
Moet tug vir sy eie beswil
Sy regter was vinnig
Maar tog was dit nodig
Een hou en Piet Praat is…doodstil
© Barbara Smit – 14/8/2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2019 projek