Oorbegin
OORBEGIN
die wenstreep
word ‘n doodloopstraat
wat wyd was word te nou
agter word nou voor, en voor
‘n holderstebolder agterstevoor
groot nou onbenullig niks
commonsense raak nonsens
dak word vloer en vloer gee pad
die klok versnel in agteruit-rat
‘n nimmereindegende reis
met ‘n onseker padkaart
wat nie al die afdraaipaaie wys
soos mens uit jou foute leer
word jou spore telkens omgekeer
nes jy gekom het koers jy terug
terug tot by die eerste uur
terug tot by
die wegspringplek
© Barbara Smit – 27/07/2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek