Jongste aktiwiteit:

SAAMLAG

een sekonde gemeet teen die tik van tyd
een enkele noot in jou lewensimfonie
een klik van die metronoom van ewigheid
een korrel sand deur die uurglas se vloei
die seepbel van ons saamlag
splyt plotseling
toe die skoot klap
het jy soos water deur my vingers gegly
in een sekonde het die wêreld stil gaan staan
in een oomblik se ewigheid was ek te laat
een sekonde ruk my son uit sy wentelbaan
ek wou nog sê …
vir altyd sal my doodgebore woorde in my hart bly hang
in een enkele moment was ‘n lewe verby
maar die pyn ons seepbel se vlietende versplintering
bly ‘n leeftyd leef in my




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed