VERGETE
Wanneer mis in Mei
oor die baai kom hang
bring dit weer seer verlang.
Op my onthoupad stap ek
deur honderd gisters
se soet en bitters.
Die tyd bly tuimel
sandkorrels deur vingers
minute deur ‘n uurglas.
‘n Lewensreis voltooi
kosmosse in die veld
vandag hier more weg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.