Jongste aktiwiteit:

VERLANGE

Ek maak die verweerde bruin koevert
met ‘n dowwe pen-adres en datum
stadig oop.
Die seël se gom is droog en geel,
die stempel oud, maar bekend.

Ek trek die brief uit
aan een van die omkrul-hoekies.
Daars ‘n koffievlek op die buitekant.
Dan vou ek die papier oop –
dit skeur al op die voue.

Die woorde spring weer een vir een
uit die brief en gaan sit in my keel
in ‘n ongemaklike knop
wat my keer op te sluk.
Dis alles steeds waar.

En die brief kry nog ‘n traandruppel-vlek
voordat ek dit weer toevou,
bewerig terugsit in die koevert
en vir ‘n oomblik teen my bors vashou.
Dan bêre ek dit in die laaitjie, tot volgende April.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed