Vreemde Kennis
strate vol dorpsgoed
karre, mense, bome…
ń coke prop
ń vertrapte tak
lê in die swart pad.
die huis van intelek
in ń proppie saamgevat
mikro wesens
in verwebte vesels verskans
onder organiese staal.
mens met sagte dink
jy is ginds
alles is in ń proppie
vervat in ń tak
op jou pad.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.