
Bakoven se brief
Bakoven se brief
ek hét vir jou ’n brief geskryf
by Bakoven
(eendag in April)
’n jaar of drie gelede
en dit toe nooit vir jou gestuur nie
daar was.baie mense
en joligheid
(iemand het getrou)
maar ek het (soos altyd)
weggeraak in skemer oseane
die aand se laaste vuur
en gedagtenis aan jou
© Carma Shaw
7 Junie
5:12
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.