Kwart oor somer
Haar yskas en stoof
het sy oranje gekleur,
die kombuis se mure
– bottergeel en room;
smôrens die gordyne wyd oopgetrek
en sonnestrale deur ruite laat stroom.
Hoe lig kan die dae wees,
het sy gedink
terwyl sy bloeisels rangskik
en vonkelsap drink.
Buite in haar tuin
was vlinders aan’t vlinder
oor blare en groeisels
wat rits op die winde.
Maar sy ken reeds dié voorspel,
ook die doodsnik wat kom –
in die vou van die winter
sterf die somer se blom.
© Carma Shaw
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.