Jongste aktiwiteit:

Toe doughnuts nog lekker was!

Hierdie mense is nou ‘n ware verhaal.

Ek onthou my eerste motorkar: ‘n witgeplakte roes besmeerde Opel kadett 1985 model, hy was nou nie ‘n Ferrari nie maar jinne as hy maar was sou ek nie nou die verhaal skryf.
Ek kan skaars nog behoorlik bestuur, sekerlik my drywers lisensie net ‘n volle jaar gehaad(want alles in my lewe het laat begin volgens wêreldse dinge)maar oupel ek smaak ‘n Opel!
Nou die dag toe sy enjin die eerste keer kalf was ek nie ten volle nugter nie(daar was drank betrokke en in my 20’s)maar daai verkeers sirkel was té aanloklik vir my.

“Death Proof” hap ek my vriend by die inkopiesentrum, nou vir die wat nie weet ‘Death Proof’ is ‘n Kurt Russel film waar ‘n waaghals op die enjinkap van ‘n voertuig lê en haarself met veiligheidsgordels om beide arms bind terwyl die bestuurder versnel en met haar op die enjinkap rond jaag.

Daar was nie eers ‘n oomblik van twyfel in sy oë, dadelik is hy op my enjinkap op sy rug!
Beide arms vasgebind met die gordels klou hy vir lewe vas, ek tol die wiele en versnel tussen die oop pakeers ruimtes om en om, ons ‘rallycross’ so asof ek ewe skielik Colin Mcrae is gelukkig was dit nog ‘n nuut geboude deel van die winkelsentrum se parkeer area anders sou ons in groot nannas wees! As ek regs draai swaai sy lyf na links oor die enjinkap maar die ou klou soos tjappies onder ‘n tafelblad.
Later met hom steeds op die enjinkap besluit ek om te verskuif na ‘n deel in die dorp waar daar ‘n nuwe industriële uitbreiding plaasvind(ons was al daar met ons skaatsplanke by ‘n yslike aftrand af) wat my toe laat onthou van die groot ooptes en die verkeers sirkel ‘n perfekte speelgrond!

Tjuut, Tjuut, Tjuuut die bande om die sirkel, die enjin brul en my vriend gil jolig “wooewheeeeee” maar die kaskenade sal sy tolgeld later eis.
‘n Paar uur later op die snelweg oppad huistoe begin daai veertienhonderd enjintjie kliek-klak tik tik tik tik en voor ek nog weet Kaaa-paaaa! moertoe is hy.
Die krukas het twee suiers regdeur die enjinblok gestoot, die crescendo sy hoekaai meraai liedjie, waarvan my beursie my ‘n waardevolle les sou laat leer en die arme ou Opel nooit eindelik sou herstel nie.

Dit was die dae toe doughnuts nog lekker was toe onverskilligheid van jeug saam waaghalsigheid pas en ‘n arme ou Opel ‘n Ferrari was.

©Morné du Preez




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed