Elkeen ‘n legkaart
Elkeen van ons, grys of in dons
besit glashelder voorbeeld –
volmaak onder drukpers
van Skepper se ambeeld
Van embrio tot die dood
skommel en rangskik ons
soek eerste raamwerk uit
alle stukkies tog ontbloot
Soos ons in harwar pas en meet
horisontaal, vertikaal maal
kruip die vrees om dalk te faal –
maar dan glimlag Hy net breed
Elkeen op eie denke aangewese
val die stukke soms van die tafel
gryskant bo en glans op die vloer
sal ons weer raam moet ontrafel
Ieder moet sy legkaart end-uit bou
stukkie vir stukkie so ingedruk
tot elke deeltjie inmekaar klik
sal ons legkaart aan Hom voorhou
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
so waar wat jy hier beskryf, ons is elkeen n meesterstuk uit Sy hand en sodra ons legkaart voltooi is sal ons Huis toe gaan.. baie mooi gepen