Die Ouderdom
so met die tyd wat loop
en die vaardigheid met die hande wat verswak
kom lê gedagtes diep in my hart
aan jare se ondervindinge ontdek
in twee hande wat nooit vir niks
verkeerd gestaan het nie
pluk ons wel die vrugte
van handgemaakte goedjies
wat agterweë bly by hulle wat omgee
maar o, weë daardie pyn
wat later jare opduik
kan niemand beskryf
vingers wat krom trek
knoppe en bulte ontpop
maar nietemin gaan hierdie selfde hande
voort om skeppings te maak
kyk jy maar by die seer verby
want stilstaan kan hul nie
vir ander lyk dit of jy niks makeer
want van vroeg tot laat
loop die vaardigheid van hierdie hande
maar in die gemoed voel jy die pyn
verdra jy maar wat gebeur
en bid jy net saggies Heer
bring asb genesing groot
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.