Wat is… Flenters?
Dis ‘n hart
met gestorte trane
‘n verskeurde siel
met net herroepte herinneringe
dit is flenters…
‘n pyn in verdoemde verlamde oë
‘n siel hang aan draaitjies vervlenterd
snikkende geskeurde lewe van verdriet
dit is flenters…
‘n lewe saam verhinder
‘n verhouding verloën
deur dood angstig uitgespel
V E R L A T E N H E I D
dit is flenters…
© Anita van der Walt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.