Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kwetsbaar

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 1 September 2021 Aantal woorde: 97 153 Kere gelees 5

robot ligte skree
groen vir skietvoort
rooi sit bou stoom
geel kruip op risiko
aan 1,5 ton mineraal
en tagtig kg*
dun verpak in vel

onder yster
agter buffer zones
ontplof kussings
in veiligheid gordels
harnas sitplekke
sit tagtig kg
dun verpak in vel

ń wit middel streep
klief millimeters dun tonne staal
op hoofweg teerpad
aan altwee kant
skiet tagtig kg verby
dun verpak in vel

ag en tagtig kg generasies
speel baas oor
robot ritmes
saamgestelde materiaal buffers
romeinse paaie metodieke
al die werk vel dun
in ń oogwenk ongedaan

* Die gemiddelde massa van volwasse persoon is 80 kg




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 569
Kommentaar telling: 82

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 255 gaste aanlyn

Bydraes – Argief