
lente (SILVER)
lente
lente-stem van die vallende water
kabbel oor rotswand na benede
so op lentedag die regte rede
met jou dogter as jou mater
saam die lente kom daar nuwe lewe
vier ons die lente-dag so heerlik
omring met soete aroma so geurlik
laat ons na nuwe lewe en dinge strewe
op wieke van soel sagte wind
kom daar vir ons nuwe kanse
ons moet net laat val ons skanse
en so sal jy waarlik vrede vind
Vader, gee dat ons dankbaar leef
en altyddeur na U wil vir ons streef …
©Marlene Erasmus
01/09/2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek