Soos die skraal windjie
Soos die skraal windjie
Die wind huil vanaand
sag is die wind-geween
so aaneen aaneen
aaneen teen hartgrou mure
in donker hoeke speel skaduspoke
liedjies van donker geheime
treurend temerig traanlose melodieë
melodieë uit gisters se anale
anale skud brokstukke uit
stukke klinkend soos ys in metaal glas
metaal koud en skraal is die wind
ek huil saam die skraal windjie vanaad
© Nita Orsmond
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek