Jongste aktiwiteit:

Vriendelike herinneringe

Vriendelike Herinneringe ( Brons afdeling) Johan J van Rensburg

Dagsê Jy, lanklaas gesien.
maar steeds bly jy die beste vriend.
vir al die jare en dae wil ek dankie sê,
en al die beste en mooiste wil ek vir jou hê.

Nog ‘n jaar is verby, ‘n nommer begevoeg,
en steeds sit jy in die kerk, en nie in die kroeg.
bly net wie en wat jy is, goed grootgemaak.
wetend dat in my lewe jy altyd sal saakmaak.

Ons was saam gevorm, kennis gekry;
nou bid ek vir jou, dat wysheid sal bly.
want elke dag droom ek n herinnering,
van jou wat saggies by jouself “Kaptein span die seile” sing.

Ons wat half-kaalbas in plaasdamme induik,
en wat vir jongsus agter die bloekombos staan en wegkruip.
van ons wat nog dinge bou met hout en silikoon
in die dae van besighou sonder selfoon.

Ons wat wilde pêrde jaag met bosies en die hand,
en saam-saam fiets ry tot anderkant Taaibosrand.
dan sit ons in die aande tot wie weet watter tyd,
en kyk na die gedaans van die flame totdat die moegheid begin byt.

Al die gedagtes en woorde wat ons twee so saam-vasknoop,
is gegraveer in my onderdenke, is my fluitwysie as ek nutteloos rondloop.
in elke oomblik loop die tyd, in elke dag val daar blare,
0ns het saam grootgeword, meer in denke as in jare.

Vir jou wil ek dankie sê, vir jou tyd, vir jou.
belowend dat ek ons herinneringe nederig vas sal hou.
so in vandag, in more, en in al die dae wat kom;
mag jy lewe in oorvloed, gekleë wees met die Son.

Mag vorentoe beter lyk as jou mooiste, wildste droom.
mag ons herinneringe veraltyd in die kamers jou hart kom woon…




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed