Jongste aktiwiteit:

stok-siel-salig-alleen

‘n begrip so eensaam
dat selfs die meeue nie daarvan weet
as jy in ‘n skare beweeg en net lippe sien beweeg
wanneer jou siel in limbo in liggaam hiberneer
as jy onbewustelik dog gerig beweeg
nie besluiteloos nie
maar jy weet nie
waarheen nie
‘n toestand
wat min van weet
baie oor wonder en vrees
onbekend aan ekstrovert
gesond dog gevaarlik
wanneer dit nie
grense het

©Teárlach
(N.a.v. internet speletjie ” Limbo”)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed