
bokmakierie-kiri
bokmakierie sing jou liedjie fyn
na-aap elke geluid van foon tot sein
elke oggend maak jy my wakker op vrolike noot
elke skemer aand sus jy ons saggies aan die slaap
bokmakierie sing jou liedjie fyn
met jou lied in my ore is daar nie pyn
jou dae is vol van musiek note vergaar
en om dit later aan ons te kom voor dra
bokmakierie sing jou liedjie fyn
met jou vrolike deuntjie in my tuin
jou stokkies bene hip-hop heen en weer
jou trotse geel borsie bons oop en toe
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.