Jongste aktiwiteit:

Skommel gedagtes

In die sagte lyn
van ‘n bok se spoor
voel dit of ek
tussen ontnugtering
en sielvolheid
rigting verloor

Probeer ek die
ewigheid
van rigting
in hierdie skommel
van sinvolheid
in onuitgesproke beloftes
die sonskyn vind

Soos ‘n springbok
wat pronk
of skugter agter
die klip randjies skuil
en dan weer spoedig
in die bosse verdwyn

Waar my ‘ware’ gedagtes
gestaltes wil kry
dan skielik
soos ‘n oewerkonyn
voet’haas kry

Tot stilte weer
ontbrand
verskroei
omsoom hierdie
geslote hekke
die wonderlik mooi




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed