Skommel gedagtes
In die sagte lyn
van ‘n bok se spoor
voel dit of ek
tussen ontnugtering
en sielvolheid
rigting verloor
Probeer ek die
ewigheid
van rigting
in hierdie skommel
van sinvolheid
in onuitgesproke beloftes
die sonskyn vind
Soos ‘n springbok
wat pronk
of skugter agter
die klip randjies skuil
en dan weer spoedig
in die bosse verdwyn
Waar my ‘ware’ gedagtes
gestaltes wil kry
dan skielik
soos ‘n oewerkonyn
voet’haas kry
Tot stilte weer
ontbrand
verskroei
omsoom hierdie
geslote hekke
die wonderlik mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.