Die Epiek van ‘n tuin
Die epiek van ’n Tuin
geanaliseer
Sy Skeppingswerke
het God
gelandskapeer
Sy tuin in Eden
het God
ekologiese waarde
gepoësie
uit die vog van die aarde
het God
gerympatoon
binne Sy almag
het God
die estetiese genre van Sy tuin
tot berge kranse, heuwels, vlaktes,
kabbelende riviere, bruisende watervalle, valleie,
vleilande, reënwoude …
gevleueldes
wat wemel aan die hemel
in die krone van die bome
langs helder waterstrome
getoonset
het ’n Meester-komponis
die lirieke van die jambiese versmate
in hul himnes en odes en ballades …
geplaas
het ’n Meester-landskapeerder
die mens
binne die juksta van Sy wil
as Sy rentmeester in Eden
om Sy tuin
te bewerk en te bewaak
waar staan jy vandag?
bewerk en bewaak is jóú
Godgegewe taak
Of
wil jy eerder torings bou
wat aan die hemel raak?
————oo00oo————
©Pieter Mostert
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.