Fees van die Eenvoudiges
Ek bid lankal nie meer nie
Here U weet dit. Mis U my woorde?
Lánk terug, het die woorde rigting verander.
Die wat boontoe moes het ondertoe gebreek
Soos glasstukke my lewenspad gesny
Toe word dit my hele wese
Geleidelik het dit “getaper” geraak
Bewegings, bestaan, denke, dade
woorde, stap, eet, als verstrengel
Dae en nagte smelt koud om my siel
Die horlosie het gaan stop
Iewers tussen gister en môre
Maar is nie vandag hiér nie
Slommer, sleur, wegkruip van self
Môre is nóg ‘n dag, of is dit?
Gee ek regtig nog om
want ek kyk na die spieël in die kas,
nog in komberse toegedraai
Geen gebreekte glas, geen raaisel
Mot en rotgevreet
Hang die flenters van my bestaan
Dit beweeg met elk hartklop
Asemteug en woorde onuitgespreek
En weet dié Drie se mensheid is simbiose
Dis deur U almag gevleg
Gekoeksister
Vir die basaar van die Eenvoudiges.
(labri) ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.