vir
Gedigte
van kom-en-gaan
dit was nag en dit was môre
die naweek gly so vinnig verby
kinders kom kuier en vertrek
dit was oggend en dit was nag
voor jy dink is die lewe verby
net herinneringe bly nou oor
dit was soos ons was
ons die “baby boomers”
van die nuwe wêreld
nou is dit vaag en grys
voor jy jou kom kry
is alles sommer verby
wat voorlê net ‘n prentjie
na die nag kom die ewige dag
dit waarna oumense so smag
dit is net: die kom-en-gaan
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.