Jongste aktiwiteit:

Pad Kies

hoëtrou musiek en nuutste nuus
masseer rou geskaafde senuwees
die werkdag is nou klaar
huistoe pad is
die volgende taak

malmiere stroom sonblind
in drielaan dolle spoed
oor hoofweë huistoe
een meter vorentoe pogings
ontstel die homogene stroom
tot gesamentlike gramskap

bakkieboer hoed op
is die enigste kalant op
ń stamp huistoe agterpad
maplotterhuisies* omring die swart streep
sy vooruitgang is weerspieël in myndorp
en township landskap verval

die pad bly huistoe
dis ń agterpad vol slaggatte
oor kaal landskappe met vaal uitsigte,
of ń hoofweg vol moleste
deur ń stad met blink banniere
maar altwee ontspan nekspiere




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed