Ontduik
die waterstroom blink
teen vervalle muur
jare terug se verf
verskif in dowwe reënboog
nou ń oop toilet
hande vroetel
die lyf weet ek word gesien
deur gebroke gat kyk oë
die droeë mamerkom
het jare laas gespoel
die natkol
sekerlik nie myne
die reuk is oud, myne jonk
sal bietjie stof opskop
natkol en ou reuke
te bedek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.