
Pad Kies
hoëtrou musiek en nuutste nuus
masseer rou geskaafde senuwees
die werkdag is klaar
huistoe pad
die volgende taak
malmiere stroom sonblind
in drielaan dolle spoed
oor hoofweë huistoe
een meter vorentoe pogings
ontstel die homogene stroom
tot gesamentlike woede
bakkieboer hoed op
is die enigste kalant op
ń stamp agterpad huistoe
maplotterhuisies* omring die swart streep
sy vooruitgang weerspieel in myndorp
en township landskap verval
die pad huistoe is
ń agterpad vol slaggatte
oor kaal landskap met vaal uitsigte,
ń hoofweg vol fluktuasie
verby blink stad met bemarkings banniere
altwee ontspan nekspiere
* Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)
ma·plot·ter s.nw. [maplotters] (informeel, skertsend, neerhalend) iemand wat op ’n kleinhoewe in die buitewyke van ’n stad woon en bv. as kleinboer ’n bestaan maak (en soms as armoedig/agterlik beskou word).
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Bjorn Inglish
ek voel dit , presies, mooi gesryf ek lees hom weer eens!