Ek sien [silwer]
in mirre van jou oë se blou
spieëltjie-prentjie reënboë
wat jou hart se water hou
en sproeireën jou oë bewoë
boog hul uit in sewe kleure
maar as ek dieper kyk
in die venster van jou oë
sien ek hoe die reënboë
oor die ark van ons liefde pryk
———–oo000oo————
[© Pieter Mostert]
2 Kommentare
-

Christa D
Pragtig so so mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek