Jongste aktiwiteit:

Grondpad onder my voete

weg van die gejaag van die lewe
ń wegbreek daar waar mens kan asemhaal
met die oggendstond op ń boereplaas
wat meer kan ek vra

in blommeprag aan die veld
in die voëls se gekwetter
roep die stilte van ń boereplaas
en ń grondpad onder my voete

kom lê die oggendure voor my
soos ń glimlag wat my begroet
voel ek tuis gewortel langs ń waterstroom
waar water kibbel oor die klippies

daar kan ek tuis voel
waar ek die stem van God hoor
myself kan oprig na Hom
en die gejaag na wind kan afkeer

in die stilwees ver en alleen
soos in die ou dae se vergange ure
want Sy goedheid duur in ewigheid
bid ek vir onverganklikheid in Sy naam

  • ©️Louisa van Vliet



Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed