Gevaarlike Hulp
in ń rotspoel water
skitter klein helder sonnetjies
oor blou groen seegras,
dis waar vissies wei
en krappies nagkar
werkies kry
oor die rotse skiet witwater
blou sout suig aan dieper
swart seebamboes,
dis waar haaie jag
en krewe ablusie
werkies kry
oor witmarmerblad skiet
ń versorgde ferm hand
bo-oor glowe witpapier,
dis waar skuldverhaalers jag
vir breindooie skuldenaars
as hul daaglikse brood
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.