Stoompot-taal
Wanneer maande en jare se aanvalle en afguns eers opbou soos ma se stoompot en die druk meer en meer word, weet jy. Die uitbarsting gaan nie mooi wees nie.
Emosies vloei oor lippe soos rooiwarm lawa, met borrelende woorde wat alles in sy pad wil verteer – met seer. Alles wat nie reeds verwoes is nie en dalk afgekoel kon word deur die koue water van vrede, verdamp soos goeie intensies in ‘n bol stoom en verdwyn tot niks.
Al wat oorbly is as, gesmelte klippe en ‘n uitgebrande vulkaan wat moeg is. Niks en niemand is ontsien nie. Meeste ander sou lankal weggetrek het. Op ‘n ander plek van voor af begin het.
Maar nie ons nie. Dis nie in die aard van ons voorvader gene om net op te gee nie. As minderheid het ons nog altyd tot die stryd toegetree en as minderheid sal ons bly veg vir haar.
Vir Afrikaans.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek