Wiegende Wonde #brons
Wiegende wonde
Vuurmiere vreet vel en been
kriewel en krioel met kouende kake
polsend ploeter pyn plofpoppe
skiet en skop binne brein grense
seer spoel soos in stormwater slote.
Smeek en smag na stille vrede
verloor vernuf van volle vreugde
hunkerende heling hou verby
golwe van moederskootgeloof vloei en groei.
Vuurmiere waai wiegend in die wind
bedwelming sus ‘n soete slaap
kriewel kake kruip in gate
seer sluise plas ongesiens.
Christa Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.