Jongste aktiwiteit:

my tabernakel

in deurdrenkte genade
onder die blaredak van my tabernakel
‘n papierbasboom in my tuin
waar peule soos kersversierings hang
aan uitgespreide takke soos ‘n welkomsgroet
word ek vroeg in die oggend in gebed omhels
in my tabernakel in goudstof getooi
kan ek die werke van u hande asem
word ek ‘n silwervlerk hadida in vlug
‘n broodboom wat teen die hemel groei
‘n doudruppel wat in lig versplint
die salie wat bloedrooi oor my voete bloei
die mossie wat krummels vind
die josefskleed wat sy pad tussen doofnetel baan
hier hoor ek hoe die stilte met my praat
kan ek U lof besing
hier kan ek rus vind
word my siel gevoed
is ek God se kaalvoetkind

©Evanthe 2017




1 Kommentaar

  • Inkmoderator

    Liewe Elroux Ek het by een van jou ander gedigte gepraat oor die varsheid van 'n geestelike aanbieding en hier moet ek jou gelyk gee, jy het dit metafories, sensories en lieflik aards en anders aangebied. So kan 'n digter dieselfde 'liefde vir die Skepper' verwoord in 'n vars en opwindende manier. Die beskrywing van die natuurlike is tasbaar en jou vers is mooi. Skryfgroete IM

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed