SOEK EK NA JOU
SOEK EK NA JOU
vers 1
Soek ek na jou in honderde gehore
Sonder jou, is ek heeltemal verlore
smag ek so, na jou stem in my ore
so is my drome opnuut gebore
vers 2
Soek en na jou in honderde gehore
sonder jou, is ek heeltemal verlore
soek ek na jou, om my lewe te vul
sonder liefde, maak dit ń groot verskul
vers 3
Soek ek na jou in honderde gehore
sonder jou, is my toekoms verlore
Soos ware liefde, moet dit waardig wees
soos ware liefde, met blydskap in my gees
KOOR:
Kom vul my lewe hier diep binne in my
kom vul my lewe hier langsaan my sy
Sonlig skyn in jou sprankelende glimlag
my hartsnare smelt soos ń klokslag elke dag
wens ek, dat jy so naby my kan wees
wens ek, dat jy my gedagtes sal lees
sonder jou, voel ek heeltemal verlore
sonder jou, my doudrippels in die môre
Eleen van Deventer Vorster
Kopieregte voorbehou
liedjies tekoop kontak e-pos eleen.vorster@gmail.com
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Dankie Eleen, jip en ons soek na die gedigte wat geklank gaan word.