As Die Grond Kon Praat
van diep arbeid swerwelwerke
‘wyl stiltes as getuies eerbaar sterk
staan soos offerandes sonder perk
met gebroke hande gaaf en grof
geen gouelepel geen sagte hand
net eelte wat soos waarheid brand
en stilte dikwels trane voed
my pad gekerf my siel as doel
maar tog het ek deur seer gespoel
my siel geslyp my gees steeds oud
my pad was lank my hande rou
in stilte skuil die onvolmaakte vrou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.